Nuwe Lidmate

posted in: Uncategorized | 0

Baie welkom aan ons nuwe lidmate, Adriaan, Danie,  Heinrich, Nicholas, Robert, Rochelle, Hestia Juhani en Wynand saam  met ds Frankie.

POTJIEKOS 13 OKTOBER 2018

posted in: Uncategorized | 0

Ons skop die laaste kwartaal af met ‘n lekker gesellige potjiekosete by Laerskool Gericke se rugbyveld.  Alle ruimtes (geografies en vrye-assosiasie) organiseer hulle eie potte.  Daar sal ook ekstra potte wees vir mense wat nie in ruimtes is nie, of … Continued

KOM BID SAAM

posted in: Uncategorized | 0

Elke Sondag voor die erediens bid ons saam vir die gemeente, gemeenteprosesse, erediens, ens.  Jy is welkom om in te skakel – 9:00 in die konsistorie en in die nuwe kwartaal vanaf 8:30 (wanneer erediens om 9:00 begin).

BARMHARTIGHEIDSMAAND: AUGUSTUS

posted in: Uncategorized | 0

Augustus is barmhartigheidsmaand in die kerk. Wanneer barmhartigheid tussen mense betoon word, het dit weinig met geld te doen.  Barmhartigheid gebeur diep uit mense se harte amper asof daar geboorte gegee word aan iets goddeliks; iets waardeur God self sigbaar … Continued

HOU CERES WARM

posted in: Uncategorized | 0

    Kom ons gemeente maak ‘n verskil!  Skenk enige KLERE en KOMBERSE. Gee af by die kerkkantoor Maandag tot Vrydag tussen 10:00 en 13:00. Bring Sondag saam kerk toe.

Strategiese Sessie: Uikoms

posted in: Uncategorized | 0

Na afloop van ‘n Gees-vervulde strategiese sessie op 18 en 19 Mei het die Here ons gelei tot ‘n gedeelde visie waarop ons as Gemeente van die N G Kerk Ceresvallei gaan fokus.   Ons vertrou dat die kragtige werking van … Continued

Jo Black Konsert 12 Mei 2018

posted in: Uncategorized | 0

Ondersteun asb ons Jo Black Konsert op 12 Mei 2018.  Daar is twee vertonings, heerlike wegneem steakburgers en chips (vanaf kwart voor 6) asook ‘n steak-ete onder die tent. Koop jou kaartjies so gou as moontlik om teleurstelling te voorkom. … Continued

Lydenstyd

posted in: Uncategorized | 0

  Lydenstyd van sewe weke strek vanjaar vanaf Sondag 11 Februarie tot die kruisiging op Goeie Vrydag 30 Maart.  In hierdie tyd is simbole in die kerk die kruis en die doringkroon.  Dit is ‘n tydperk van rou en word … Continued

1 2 3