BARMHARTIGHEIDSMAAND: AUGUSTUS

posted in: Uncategorized | 0

Augustus is barmhartigheidsmaand in die kerk.

Wanneer barmhartigheid tussen mense betoon word, het dit weinig met geld te doen.  Barmhartigheid gebeur diep uit mense se harte amper asof daar geboorte gegee word aan iets goddeliks; iets waardeur God self sigbaar raak in ‘n andersins hardvogtige lewe van beloning alleen op grond van verdienste.

 

Die kerkhervormer Martin Luther het gesê ons hoef nie torings te bou om God in die hemel te gaan soek nie – ons sal God elke dag vind in die agteratrate, stegies en gange van swaarkry in hierdie wêreld.  Jesus se boodskap vra dat ons oplet na wat om ons gebeur, dat ons die nood onder ons neuse raaksien.

 

 

VOORBEELD VAN PRAKTIESE DADE

Barmhartige bere reis na Reformed Church in Japan!

Die Reformed Church in Japan het onlangs ‘n groot skenking aan Diacona gemaak om Kaapse gemeentes tydens die droogte te ondersteun.  RCJ het eers onlangs op uitreike na ander gemeentes begin fokus en juis daarom is hierdie skenking vir ons baie spesiaal.  Ria Koen, sekretaresse van Diacona, vertel:”In ons kommunikasie met die kerk in Japan, het ons van 11 kinders te hore gekom wat tydens die herbouing van hul huise (wat gedurende die aardbewing in 2011 beskadig is), by die kerk kom speel het.  Die Diacona-span het besluit om vir hulle handgemaakte beertjies te stuur, met rugsakkies met die woordlose boekie daarin. Hierdie projek was groot prek en ons hoop die beertjies bring baie plesier vir die kinder in Japan!”

(Diaconia is Wes-Kaapse se Sinodale kantoor wat Barmhartigheid hanteer).

 

 

UITDAGING

Wat sien jy om jou gebeur?  Waar is daar nood, hoe kan Jesus vir iemand sigbaar word deur jou dade?  Kom vertel ons in die erediens wat jy doen of plaas dit op ons facebook blad.