POTJIEKOS 13 OKTOBER 2018

posted in: Uncategorized | 0

Ons skop die laaste kwartaal af met ‘n lekker gesellige potjiekosete by Laerskool Gericke se rugbyveld.  Alle ruimtes (geografies en vrye-assosiasie) organiseer hulle eie potte.  Daar sal ook ekstra potte wees vir mense wat nie in ruimtes is nie, of ruimtes wat nie potte maak nie.  Daar word nie kaartjies verkoop nie.  Almal is welkom!

DAAG NET OP!!

Tyd:  vure brand vanaf 16:00 en ete word vanaf 18:00 bedien

Bring saam:  eie drinkgoed, sitgoed, eetgerei en sambreel

Potmakers voorsien hulle eie hout.

NAVRAE:  Johan du Plessis 073 169 1936