Kersmark 2015

posted in: Kersmark | 0

Vanjaar se Kersmark was oudergewoonte ‘n heerlike sukses. Daar was soveel kreatiewe uitstallers, en oorgenoeg vriendelike, behulpsame vrywillers wat help verkoop het. Die teetuin was weereens ‘n lekker bymekaarkom plek vir bietjie inhaal in hierdie besige tyd van die jaar, of vir ‘n vinnige middagete, of ‘n bederf stukkie koek. Ons wil graag almal wat deelgeneem het bedank vir jou besondere bydra.