Manne-ontbyt, Saterdag 12 Maart

posted in: Manne ontbyt | 0

Dr Kobus OdendaalDie jaarlikse manne-ontbyt is Saterdag 12 Maart om 8:00 in die Kerksaal. Alle mans is welkom om saam te kom kuier en ‘n lekker ontbyt te geniet. Kontak asb die kerkkantoor en bespreek u plek. Die gasspreker is dr Kobus Odendaal. Hy was 15 jaar dominee van ‘n Xhosa gemeente in die voormalige Ciskei. Daarna word hy wingerdboer op die familieplaas langs die Bergrivier naby Koringberg en nog later doen hy bestuurs- en vaardigheidopleiding saam met arbeidsverhoudinge vanuit sy besigheid, Praktika, op Piketberg. Vanaf 2007 is hy deel van die sinode se diensgroep vir Getuienis met opdrag om die kerk se verhoudinge met ons susterkerke in Afrika te handhaaf. Hy is die kerk se skakel met Malawi, Mosambiek, Zimbabwe, en Nigerië. Die onderwerp is “Die Kerk in Afrika groei stewig – ons kan by hulle leer van kerkwees en menslikheid” Toegang is gratis. ‘n Donasie sal waardeer word.