Gemeentekamp 24 – 26 Februarie 2017

posted in: Uncategorized | 0

Dit is sommer een van die dae weer tyd vir ons jaarlikse gemeentekamp.  Marinus en Susan Blomerus organiseer vir ons die kamp.  Dit is altyd ‘n lekker gesellige naweek vir volwassenes en kinders om te ontspan en as lede van die gemeente tyd met mekaar te spandeer.  Daar is baie tyd vir jouself.  Ons doen ook iets saam en verkeer saam om die Woord.

Ons gaan vanjaar na Doringlaagte ( 3km buite Montagu).  Julle kan met ‘n tent/karavaan kampeer of in chalets woon. Koste vir staanplekke (tent en karavaan) is R150 pp per nag (volwassenes) en R50 vir die kinders. Chalets is vanaf R250 per persoon per nag. Kyk gerus op Doringlaagte se webblad www.doringlaagte.com hoe dit daar lyk.

Bespreek asb so gou moontlik (teen 27 Januarie) julle plek by Susan (tel 023 323 1523/ sel 0832677830). Sy moet reeds teen die einde van volgende week ons deposito betaal.

Kampfoto Kinders speel op ‘n vlot by Koningskop in 2015

Kampfoto 2 Ons durf die Wolfbergskeur aan in die Sederberge 2014