Kermis – 5 Mei 2017

posted in: Uncategorized | 0

Vanjaar se Kermis word beplan sodat ons as geloofsgemeenskap SAAM KAN KUIER.  Ons wil ‘n omgewing skep waar ALMAL wat belangstel welkom sal voel.  Die Here se seëninge word in soveel oorvloed deur ons persoonlik, die gemeente en ons gemeenskap ervaar.  ONS WIL HOM DAARVOOR EER!

Die Kermis word beplan vir die hele Vrydag.  Groot tente gaan opgeslaan word sodat ons onderdak kan kuier.  Daar is ook ‘n musikant wat Vrydagaand optree.  Verkoping van produkte word versprei tussen die oggend en die aand om te verseker dat diegene wat werk ook ‘n sakkie koekies en ‘n pak vleis kan koop.                           Vir meer inligting kliek hier.