Huishulpbederfoggend

posted in: Huishulpbederfoggend | 0

Ons jaarlikse Huishulpbederfoggend, aangebied in samewerking met Moedergemeente, Ceres, het weer op die 14de November plaasgevind.  Die oggend is deur byna 200 dames bygewoon, en was ‘n heerlike sukses.  Mona Marais het die dames toegespreek en daar was ‘n baie vermaaklike optrede deur Hannelie van Schalkwyk en Vicki Ferreira.  Carin Steyn het hierdie jaar die leiding geneem en is bygestaan deur ‘n hele span dames uit die gemeente.  Dis ‘n hoogtepunt op ons jaar se kalender.